Pieter Verster dra uit die ryk en ryp oesland van die Ou en Nuwe Testament 'n oorvloed gerwe. 'n Uitnemende geleerde is hier aan die woord. Die Persoon en werk van die Heilige Gees, die derde Persoon van God Drie-enig, word vars en nuut belig. Dit geld ook vir die skywer se ander sentrale teologiese insigte. Die boek getuig van 'n gedeeÌ studie; dit is 'n meesterstuk. Dit sal nie slegs die vakkenner boei nie, maar elke leser sal deur die boek tot helderheid gelei word. Hierdie boek is soos 'n fontein helder murmelende water wat hoop aan dorstige en moedelose mense gee wat in die greep van armoede, korrupsie en rassisme vasgevang is. Met die boek staan Pieter Verster nie slegs nasionaal nie, maar ook internasionaal op die voorpunt van liggewende perspektiewe op die wese van en uitdagings aan die MissioneÌre Teologie. - Prof. Cas Vos Hierdie boek van Pieter Verster gee 'n indrukwekkende perspektief. Sending gaan daaroor om die blye boodskap te bring van Christus wat vir ons gekruisig is. Ons het 'n boodskap vir hierdie weÌreld van COVID-19, van die korrupte politiek, van die armoede, van die misdaad, van sondige en moedelose mense. God beloof nie dat alles reg sal kom nie. Hy het hierdie werklikheid tot op die afskuwelikste gedeel. En Hy het daaraan, aan die konkrete werklikheid van Suid-Afrika van 2020, gesterf. Maar Hy het opgestaan, nie om nou alles reg te maak nie, maar sodat ons as ons sterf aan |